Bybelse Redes Om Suiker In Jou Dieet In Te Sluit

Afrikaans Blog

12 Julie, 2016


Indien jy drie dieetkundiges sou vra wat die ideale dieet is, sal jy sonder twyfel drie verskillende antwoorde kry. Daar is net soveel wat ons nie verstaan nie ten opsigte van die menslike liggaam. Die feit dat verskillende kulture dikwels drastiese verskillende diëte het is net ‘n bewys van die aanpasbaarheid van die liggaam. Voeding is ‘n baie ingewikkelde onderwerp, en daar is heelwaarskynlik nog baie belangrike voedingstowwe wat steeds ontdek moet word.

Soos met elke aspek van die lewe, het die Bybel al die antwoorde, so die beste voedings praktyk is om te probeer om ‘n gebalanseerde dieet te eet, wat die voedsel insluit wat spesifiek in die Bybel genoem word.

Die Bybel Verskoon Soetgoed
“Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse HERE. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE — dit is julle beskutting.” Nehemía 8:111

Suiker Is In Orde In Matigheid

Oormatige inname van verwerkde suiker is gekoppel aan lae energie vlakke so wel as vetsug, maar die Bybel onderrig dat heuning, ‘n natuurlike suiker, goed is in matigheid.

“Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie.” Spreuke 25:16

Dis egter nie net heuning wat in die Bybel genoem word nie. Baie mense besef nie dat suikerriet (kalmoes) ook in die Bybel genoem word nie.

“Waarom sou daar tog vir My wierook uit Skeba kom en die kosbare kalmoes uit ’n ver land? Julle brandoffers is nie welgevallig nie, en julle slagoffers is My nie aangenaam nie.” Jeremia 6:20

“Jy het vir My geen kalmoes2 met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede.” Jesaja 43:24

Kinders Leer Deur Heuning Te Eet

“Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte. Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar ’n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.” Spreuke 24: 13-14

“Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is.” Jesaja 7:15

Kinders het van nature ‘n soet tand, en Jesus Christus was self nie ontneem van soetgoed as ‘n kind of as ‘n volwassene nie. Nie net weet ons dat hy heuning geëet het nie maar ons word selfs ‘n rede gegee vir dit. Ons mag dalk nie ten volle die geestelike voordele van heuning verstaan wat in die boonste verse na verwys word nie, maar ons wil definitief hê ons kinders moet meedeel in die wysheid oor hoe om die goed in die lewe te kies.

Daar is soveel dinge waarvoor ons moet nee sê in vandag se dae. Moenie jouself en jou kinders ontneem van een van die lewe se mees natuurlike plesiere nie. Voeding tendense verander heeltyd, maar God se Woord verander nooit.

Hier is ‘n onlangse preek oor Bybelse Voeding.

Meer in die Afrikaanse

 

 

 

mouseover