Marsjeer na Sion ("Marching to Zion" in Afrikaans)

Video

 

April 7, 2015

Meer dan 4,000 jaar gelede het God vir Abraham in Mesopotamië verskyn en vir hom gesê: “Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou 'n groot nasie maak.”Abraham het God gehoorsaam en het na die belowe land van Kanaan getrek, waar hy saam met sy seun Isak en sy kleinseun Jakob, wie later “Israël” hernoem is, gewoon het.

Israël en sy 12 seuns het na Egipte gegaan omdat daar honger was in die land van Kanaan, en hulle het baie vermenigvuldig tot hulle ‘n groot nasie geword het. Die Egiptenare het bedreig gevoel deur die kragtige nasie van Israël, dus hulle het vir die Israëliete slawe gemaak en hulle lewes bitter gemaak met harde werk. Na 430 jaar in Egipte is hulle deur Moses uit hulle slawerny gelei; toe het hulle die Skelfsee oorgesteek en was toe in Arabië, waar hulle by die berg Sinaï die wet van God ontvang het.

Vir die generasie Israëliete, wat saam met Moses Egipte verlaat het, was dit verbied om in die belowe land binnen te tree vanweë hulle gebrek aan geloof in die Here. Hulle was gedwing om vir 40 jaar in die wildernis rond te dwaal totdat daar ‘n nuwe generasie ontstaan het wat wèl in die Here vertrou het; en hulle het die belowe land saam met Joshua binnen getree.

Vir ongeveer 400 jaar het die Rigters oor die 12 stamme van Israël geheers, alles volgens die wet van Moses. Toe die mense na ‘n koning verlang het, net soos al die ander nasies, het God vir Saul hulle koning gemaak, en hy het 40 jaar lank oor hulle geheers. Daarna was Dawid vir 40 jaar die koning, toe sy seun Salomo wat ook vir 40 jaar lank die koning was. Tydens die koningskap van Salomo was die koninkryk van Israël op sy mees glorieus en die eerste Tempel is toe gebou. Maar omdat Salomo se hart in sy laaste jare nie meer met God was nie, het God vir hom gesê dat 10 van die stamme nie onder sy seun se koningskap sou val nie.

Na die dood van Salomo is die koninkryk van Israël in twee geskei, en die 10 noordelike stamme was deur ‘n reeks boosaardige konings gelei wat níe van Dawid en Salomo afgestam het nie. Die Noordelike Koninkryk het die naam Israël behou en uiteintlik was Samaria sy hoofstad. Die kleinere Suider Koninkryk is uiteintlik Juda genoem, met Jerusalem as hoofstad, en die nakomelinge van Dawid het daaroor regeer. Vanaf 2 Konings 16 word die inwoners van die Suider Koninkryk Jode genoem, na die koninkryk Juda.

Vanweë die boosheid van die Noordelike Koninkryk van Israël is die inwoners deur die Assiriërs verower en gevange geneem. Die Israëliete wat agter gebly het is met die heidense nasies gemeng, wat hulle land is binnen getree en die land verower het. Hierde mense sou later die Samaritane genoem word, en die 10 stamme van Noordelik Israël sou nooit weer ‘n nasie word nie.

Die Suider Koninkryk van Juda sou uiteintlik deur Babylonië verower word as ‘n straf omdat hulle ander gode gedien het, en die Tempel sou vernietig word; maar na 70 jaar het die Jode terug na Juda gekeer. Hulle het die Tempel in Jerusalem herbou en is weer deur nakomelinge van Dawid gelei.

In die tyd van Christus was die nasie van Juda nou Judea genoem en was onder Romeinse beheer. Jesus Christus en Sy dissipels het die Evangelie deur die hele land gepreek om die verlore skape van die huis van Israël te vind. Na 3 ½ jaar preek het die Jode vir Jesus as hulle Messias verwerp; toe het hulle die Romeinse goeverneur oortuig om Hom te kruisig. Drie dae later het Hy uit die dood herrys en Syself lewend vir Sy dissipels getoon, voordat Hy die Hemelvaart gemaak het om aan die regterkant van die Vader in die Hemel te wees.

Kort voordat Jesus gekruisig was, het Hy voorspel dat Jerusalem verbrand sou wees, en dat die Jode oor alle lande versprei sou word; dit was die straf omdat hulle vir Hom afgewys het. Hierdie voorspelling is in 70NC waar gemaak toe die Romeinse keiser Titus Jerusalem verower het. Vir meer dan 1800 jaar het die Jode versprei gebly ooral in die wêreld.

En tóe in 1948 het die onmoontlike gebeur. Die Staat van Israël is gestig en die Jode was weereens in die belowe land. Baie Christene het dit as ‘n wonderwerk verklaar, en ‘n seën van God. Maar was dit rêrig ‘n seën van God, of was daar sprake van ‘n donkere mag wat besig was? Hierdie film het die antwoord!

 

 

 

mouseover