Ergeet die dinge wat agtergelaat was.

Afrikaans Blog

12 Julie, 2016


Dit gebeur gereeld dat mense sondes pleeg wat ernstige nagevolge dra en onherstelbare skade doen aan hul lewens. As jy een van hulle is, moenie die houding inneem dat jy nou gefaal het en daardeur kan jy nie meer God dien nie. Moenie die straf erger maak deur nog meer sondes te pleeg nie. Almal van ons het al van sekere paaie in ons lewens afgedwaal, maar God kan ons nog op soveel maniere gebruik.

“Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.” - Spreuke 24:16

Kinders van Israel

Toe die kinders van Israel uitvind dat hulle nie in die beloofde land sou ingaan nie, was dit nie die tyd om op Moses op te gee en hom te verlaat nie. Hulle het nogsteeds die verantwoordelikheid gehad om by God se kinders te bly en hulle eie kinders groot te maak. Net omdat ouers foute in hul lewens gemaak het, beteken dit nie dat God hierdie ouers nie kan gebruik om godvresende kinders groot te maak nie. Miskien sal julle kinders grootword en doen wat julle veronderstel was om te doen.

Vrou by die put

Die vrou by die put het ‘n gemors van haar lewe gemaak, tog was sy gebruik om ander mense oor Christus te vertel. Miskien is jy al menigmale geskei of het dalk iets anders gedoen wat onherstelbare skade gedoen het aan jou lewe. Dit beteken nie dat daar nie ‘n plek vir jou is in jou gemeente nie. Natuurlik het die Bybel spesifieke kriteria vir a pastoor of diaken, so daardie deur is gesluit vir jou. Maar daar is baie ander werksgeleenthede vir die Here, en almal moet sielsherwinning gaan doen.

Dawid

In Psalm 51 lees ons hoe Dawid bid om te kan aanhou om vir God te lewe, na sy sonde met Batseba. Toe Dawid aangevat was deur die man van God, het hy homself bekeer. Hy het sy sondes bely en verdere werke vir die Here verrig.

3 Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.
4 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.
5Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.
6 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
7Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
8Kyk, U het ’n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.
9 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.
10Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.
11Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.
12Skep vir my ’n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees.
13Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.
14Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ’n gewillige gees.
15Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.

Simson

Simson was deur godvresende ouers grootgemaak en het ‘n groot gawe ontvang, maar wat het hy gemaak daarmee? Hy het sy Nazaretiese eed gebreek en vrouens nagejaag tot op ‘n punt waar sy lewe heeltemal verwoes was. Teen die einde van sy lewe het die Filistyne hom ‘n slaaf gemaak en sy oë uitgesteek. Die simboliek agter Simson se hare wat weer gegroei het, was dat God hom nog kon gebruik. Die doel van Simson se lewe was om die kinders van Israel te verlos van die Filistyne, wat hy op die einde tog gedoen het. In die ideale wêreld sou hy nie in die proses doodgegaan het nie, maar daar is nagevolge vir ons sondes. Selfs al het Simson vele kere drooggemaak en op baie maniere ‘n mislukking was, het hy sekerlik tevrede gevoel toe hy sy lewensdoel uitgevoer het.

Hopenlik pleeg ons nie dieselfde sondes soos sommige van hierdie Bybelse karakters nie, maar ons sal almal struikel op een of ander manier. Moet nooit opgee nie. God se genade hernu met elke oggend. Terwyl jy nog op hierdie aarde asemhaal het God vir jou iets om te doen.

“Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.” Filippense 3:13-14

Hier is ‘n preek oor God se plan B vir ons lewens.

Meer in die Afrikaanse

 

 

 

mouseover