Wanneer Kerke Duur Raak

Afrikaans Blog

12 Julie, 2016



By Faithful Word Baptiste Kerk, vra ons vir niks geld nie. Ons gee Bybels, CD’s en DVD’s weg, en alle kerk aktiwiteite is gratis. Die rede waarom ons geen gelde vra vir hierdie dinge, kan gevind word in Johannes Hoofstuk Twee. Nie net is dit verkeerd om God se huis ‘n huis van goedere te maak, maar mens hou nie daarvan om in ‘n kollig geplaas te word om geld te spandeer. Ongelukkig deur sommige kerke by te woon, kan dit duur raak.

Jeugbediening of Jeug Industrie?

In een groot onafhanklike fundamentele Baptiste Kerk, het ek gehoor dat tieners in ‘n Sondagskool klas gevra is om Vyf Dollar elk te gee, om te help betaal vir ‘n “personeel geskenk”. Die Jeugleier het aggressief vir die klas gepreek en vir hulle vertel dat hulle heel moontlik hul geld oor naweke by ‘n pretpark spandeer. Baie tieners het nie eers werk nie, en as hulle het, is daar niks fout daarmee dat hul pret wil hê met hul eie geld. Daardie selfde kerk bied jaarliks ‘n groot jeug konferensie aan, wat grootliks dien as ‘n lewende advertensie vir hul Bybel Kollege asook boeke en CD’s wat ingebring word deur hul gas sprekers.

Koop die Kommentaar

By ‘n ander kerk in dieselfde sirkel, was vrouens gedruk om ‘n boek te koop oor die standaarde van hul kleredrag, sodat hulle sou weet wat verwag word van hulle om aan te trek. Meeste van die dames in die kerk het die boek gekoop, maar een van die dames met wie ek gesels het, wat na daardie spesifieke kerk gaan, het gevoel aangesien hulle wou gehad het sy moet die boek lees, moes hulle dit gratis vir haar gegee het.

Multi-Vlak Bemarking

Dit is nie net die leierskap wat vra vir geld nie. In kerke wat goedere verkoop op die agterste tafel, is daar soms mense wat aanneem dat dit aanvaarbaar is om hul eie goedere daar te bemark. Moenie inloop met jou Mary Kay katalogus of wat ook al jy smous, en ons sal jou ook nie vra om iets te koop. Daar is ‘n tyd en ‘n plek om geld te maak, en dit is nie by die kerk nie.

Sondag Oggend Gaskoeldrank

Gaskoeldrank masjiene by kerke irriteer mens ook, want dit kan veroorsaak dat hul kinders vra vir geld tydens elke kerk diens, om nie eers te praat van die voor hand liggende gesondheids bekommernisse.

As jy ‘n kerk bywoon wat ‘n boekwinkel of ‘n gaskoeldrank masjien het, moet jy jouself weerhou om enige iets daar te koop. Jesus het ons nie alleenlik geleer om nie God se huis as ‘n huis van goedere te maak, maar ons kan sien deur die storie te lees dat dit Hom ongelooflik kwaad maak:

“En die pasga van die Jode was naby, en Jesus het opgegaan na Jerusalem. En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop, en die geldwisselaars wat daar sit. En Hy het ’n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer. En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader ’n handelshuis maak nie.” – Johannes 2:13-16

Hier is ‘n preek genaamd “Huise van Goedere”

Meer in die Afrikaanse

 

 

 

mouseover