Drie Maniere hoe om ‘n swak kerk lidmaat te wees

Afrikaans Blog

12 Julie, 2016




1. Probeer om die Pastoor te verander.

Eerstens moet mens besef dat geen twee Christene op presies dieselfde manier glo oor elke klein dingetjie nie. Jy moet ‘n kerk vind wat in lyn is met jou siening oor die belangrikste aspekte en die res moet oor gesien word.

Een persoon byvoorbeeld, het herhaaldeliks met die Pastoor ontmoet en het desperaat probeer dat die Pastoor die hele struktuur van sy kerk moes verander en dit voor die person eenkeer in die kerk was. Hierdie persoon moes eerder aan gepas het of dan aanbeweeg het na ‘n ander kerk toe. Dis heeltemal in orde om nederig vrae te vrae oor jou verskilllende interpretasie van ‘n sekere vers, maar moet jouself nie dood bekommer oor die klein dingetjies nie. Jy mag dalk net die een wees wat verkeerd is. Kry jou agtersewe net in ‘n goeie kerkbank, sit en hou jou smoel. ( Kry jouself net in ‘n goeie kerk, sit rustig en wees stil)

’n BEJAARDE man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos ’n vader, jongeres soos broers,” 1 Timotius 5:1

2. Vermy Broederskap. ( Gemeenskaplikheid)

As Jy byvoorbeeld vir ‘n heel paar jaar dieselfde kerk besoek en die gemeenskap vra gereeld of jy ‘n nuweling is, dan hou jy jouself apart en is jy nie oop en vriendelik nie. ‘n Dame met wie dit die geval was het erken dat sy vertsaan hoekom dit met haar gebeur, want sy praat nooit met enige iemand nie en sy het inderdaad nie. Mag dit nooit van jou gesê word nie vriend.

"A man that hath friends must shew himself friendly: and there is a friend that sticketh closer than a brother." - Proverbs 18:24

3. Veroorsaak Drama.

Mens hoef nie beste vriende met almal in die gemeenskap te wees nie, maar jy kan darem vriendelik groet of glimlag sou jou paaie kruis met iemand vir wie jy nie die liefste is nie. ( …paaie kruis met iemand van wie jy niks hou nie) As jy dalk vir die persoon bid, mag jou hart oor tyd verander. Die enigste person wie mens kan beheer( verander), is jouself. Hierdie is ‘n belangrike beginsel wat betrekking het op enige verhouding, nie slegs tussen gemeentelede van ‘n kerk nie.

“Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag.” Jakobus 5:16 


Die beste manier hoe om ‘n goeie kerkganger te wees, is om ‘n kerk te vind waar jy die Pastoor kan respekteer. Wees vriendelik en vermy die versoeking om elke klein probleempie uit te basuin. ( …vermy die versoeking om oor elke klein probleempie te redekawel) Wanneer jy tuiskom, moet nie oor die kerk kla by jou gesin nie. As jy gebraaide Pastoor vir aandete geniet, veroorsaak dit jou kinders en vrou om ‘n swak houding of siening te hê. Moet ook nie die man van God op die internet kritiseer nie. Elke ding wat neergeskryf word kan aan iemand anders gewys word en jou Pastoor mag jou dalk net uit die kerk verban as ‘n opstoker en agterbaks. (kwaadsteker) As jy voel jy kannie langer deel wees van ‘n kerk nie, verwyder jouself grasieus en moet nie die vlam verder aanblaas deur om jou mede kerkgangers te vergiftig nie. (…verwyder jouself grasieus en moet nie die pot roer deur om jou mede kerkgangers op te stook nie)

Hier volg ‘n preek oor hoe om vriendelik te wees.

Meer in die Afrikaanse

 

 

 

mouseover