Gandhi, jou skynheilige!

Afrikaans Blog

12 Julie, 2016



“Ek sou ʼn Christen wees as dit nie vir die Christene was nie” Gandhi

Ek is siek en sat vir Christene wat die mantra herhaal: haat die sonde, wees lief vir die sondaar. Asof dit in die Bybel gestaan het. Hierdie gesegde is in werklikheid ʼn Mahatma Gandhi aanhaling en Gandhi was nie die held wat jy dink hy was nie. Sit end aan die aanhaling van hierdie skynheilige, false profeet en pervert wie nou in die hel brand!

Pro Oorlog Stukke

“ʼn Oog vir ʼn oog maak die hele wêreld blind” Gandhi

Gandhi het teen geweld gepreek, maar soos baie politici was hy skynheilig. In werklikheid het hierdie self geproklameerde pasifis ʼn pamflet geskryf gedurende Wêreld Oorlog I genaamd Appèl vir Indienstreding. Later, in Wêreld Oorlog II het hy nie-gewelddadige morele ondersteuning aan Brittanje aangebied. Alhoewel Gandhi nooit eens ʼn vlieg kon seermaak nie, het hy ander aangemoedig om in oorloë te veg, wat die teenoorgesteld was van sy nie-gewelddadige beginsels.

Vrugtariër

“Dit is ʼn arrogante aanname om te sê dat alle menslike wesens here en meesters is van die laer skeppings” Gandhi Gandhi, soos baie Hindoes, was ʼn vegetariër en het geleer dat dit misdaad was om vleis te eet, waarna hy met minagting as karkaste verwys het. Hy was teen die inneem van dierprodukte en het op ʼn ekstreme vrugtariër dieet gegaan vir vyf jaar, wat veroorsaak het dat hy lei aan pleuris. Toe ʼn dokter vir hom ingelig het dat hy nie slegs van vrugte af kon leef nie, het hy onwillig begin om bokmelk te drink.

Selibaat

Gandhi het geleer dat behalwe vir pogings van voortplanting, was selibaat in ʼn huwelik die superieure staat. Gandhi het 'n eed van selibaat later in sy huwelik geneem en het dus die fisiese verhouding met sy vrou gediskonteer. In plaas daarvan was hy gereeld deur naak jong vrouens in sy bed vergesel, wat hy volgehou het net ʼn toets was. Sy skrywe, wat die ongure besonderhede van hierdie ontmoetings bevat het, was vir baie jare na sy dood weggesteek.

Hou op Gandhi, ʼn Hindi/Boeddhis bedrieër, aan te haal en maak die Bybel jou prioriteit.

"MAAR die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete, wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken. Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie;” 1 Timoteus 4:1-4

“En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.” Genesis 1:26

“Oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet,” Eksodus 21:24

“’n tyd om lief te hê en ’n tyd om te haat, ’n tyd vir oorlog en ’n tyd vir vrede.” Prediker 3:8

Hier is 'n preek oor Skynheiligheid wat praat oor Gandhi

Meer in die Afrikaanse

 

 

 

mouseover